Sunday 23 October 2011

Les plan

Les plan : 25 Oktober 2011
Leerarea: Afrikaans Huistaal
Graad: 10
Leeruitkoms 4: Taal
Onderwerp: Woordsoorte
Aan die einde van die les sal die leerder in staat wees om  taalstrukture en -konvensies doeltreffend te kan gebruik.
Deur ʼn verskeidenheid van tekste te gebruik, brei leerders ook hulle woordeskat uit en leer om dit korrek toe te pas.
Leerders ontwikkel ʼn kritiese bewustheid van waardes, deur te verstaan hoe taal ander kan beïnvloed.
Assesseringstandaarde:
Ons weet dit wanneer die leerder is in staat is om:
§    Gestruktureerde sinne betekenisvol en in ʼn funksionele wyse gebruik word:
• woordsoorte te identifiseer, byvoorbeeld: selfstandige naamwoorde;werkwoorde;voornaamwoorde; byvoeglike naamwoorde; 
       bywoorde en dit korrek en betekenisvol gebruik;
• woordsoorte te gebruik om sinne korrek en volledig uit te brei.
• woordsoorte volledig te benoem, byvoorbeeld: Telwoord rangtelwoord bepaald.
Werkstukke:
Vir hierdie leereenheid maak ons gebruik van e-leer om leerders te help om die nodige kennis te leer en om die uitkomste van die les te bereik.
Daar word gebruik gemaak van ʼn woordsoorte breinkaart.
Die breinkaart gee ʼn oorsig en som woordsoorte vir die leerders in ʼn maklike verstaanbare en kreatiewe manier op.
ʼn PowerPoint aanbieding word aan leerders gespeel, in die aanbieding word definisies en voorbeelde gegee.
Aan die einde van die les, kry leerders die geleentheid om hulle kennis te toets deur ʼn speletjie(toets) wat op die werk gebaseer te speel.
In die spel word leerders ʼn sin gegee, hulle moet dan die regte woordsoort by die spesifieke woord wat uitgelig is pas.

Voorbeeld Vrae:

Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "Jan"?*Selfstandige naamwoord, eienaam
Lang Jan sit buite op die stoep.Watter woordsoort is "sit"?*Hoofwerkwoord onoorganklik
Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "op"?*Voorsetsel
Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "die"?*Bepaalde lidwoord
Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "stoep"?*Selfstandige naamwoord, soortnaam
Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "lang"?*Byvoeglike naamwoord, Attribitief
Lang Jan sit buite op die stoep. Watter woordsoort is "buite"?*Bywoord van plek
Hy het homself geskaam vir sy vyfde plek.Watter woordsoort is "hy"?*Voornaamwoord, persoonlik
Hy het homself geskaam vir sy vyfde plek.Watter woordsoort is "het"?*Hulpwerkwoord van tyd

Spelletjie

http://classtools.net/widgets/quiz_2/Xv3kW.htm

Woordsoorte

Tussenwerpsels

Voegwoorde

Voorsetsels

Lidwoorde